Vingerklip logo

VINGERKLIP LODGE

Akkommodasie by die Vingerklip in Kaokoland Namibie
20 22'60 S 15 25 0 E

STUUR EPOS
TUISBLAD
ENGLISH
Tel: +27 (0) 21 855 0395
NAMIBIE AKKOMMODASIE BESPREEK EN PRYS ANDER KAOKOLAND LODGES
Vingklip Damaraland Namibia
 

As jy honger is vir vrede, stilte en uitgestrekte barre vlaktes, moenie verder as Namibië se Vingerklip Lodge in die Damaraland-streek soek nie.

Hier, in ‘n oervallei wat as die Ugab-terrasse bekend staan, is die luukse Vingerklip Lodge. Reuse granietrotse troon oor die landskap uit, en die 35 m hoë Vingerklip is ‘n oorblyfsel van geologiese gebeure van 15 miljoen jaar gelede.

Die akkommodasie by die Vingerklip Lodge bestaan uit elf alleenstaande grasdak dubbeleenhede, almal en suite, met ‘n privaat stoep wat oor die omgewing uitkyk. Agt eenhede het elkeen solder-akkommodasie vir twee kinders.

Die sonsondergang in Namibië is skouspelagtig. Die eetkamer het ‘n stoep waarop jy kan kyk hoe die rotse bloedrooi gloei terwyl jy aan ‘n goeie wyn of plaaslike bier teug. Gourmet geregte verander etenstye in ‘n fees.

Die Vingerklip Lodge is in ‘n privaatreservaat op die plaas Bertram geleë. Drie watergate is oor die reservaat versprei en daar kan jy ‘n verskeidenheid diere dophou.

Beleef die veld van Afrika op een van talle voetslaanpaaie in die reservaat. Die wildbesigtigingsritte word sterk aanbeveel. Hier kan jy die veld van nader beskou terwyl jy sjampanje drink. (Miskien kom kyk die nuuskierige diere waarmee julle besig is!)
As jy egter meer daarvan hou om met ‘n goeie boek te ontspan, bied die Lodge twee sprankelende swembaddens waar jy heerlik in die Afrika-son kan ontspan.

Daar is egter ook ‘n jacuzzi met strelende water om al jou stadstres weg te streel. Besoek die Vingerklip Lodge vir ‘n unieke ervaring.

Vingerklip rock from Vingerklip Lodge in Damaraland Namibia
Rooms at Vingerklip lodge in Namibia
Finger Rock better known as Vingerklip in Namibia
Distance view of Vingerklip lodge rooms in damaraland
  Units with rock in back ground at Vingerklip Rock in Namibia